Saturday, June 30, 2007

nie altyd maanskyn en rose nie
Yeah, die dieët gaan aan, het darem al 'n paar kilo's verloor en ek doen actually elke dag oefening en dit was lank terug toe ek laas dit gedoen het. Dis nogal lekker om soggens op te staan en te gan stap - al is dit so koud. Op die oomblik is ek platsak, die amerika toe ganery vreet maar aan die bank balans. Maar ek het altyd 'n geldtjie om te kuier met die maaikies - was vandag by hook line and sinker in pringlebaai, nou dit was lekker !!!! yum - lek sommer my vingers af om daaraan te dink.

Ek is natuurlik nie net gelukkig nie - my ma en ek sit alweer vas. As ek iets sê vir Danie, en sy hou nie daarvan nie - dan hap sy my gat, of haal iets aan wat ek verkeerd gedoen het, en dit maak dit oraait dat Danie maar sy verkeerd kan maak.
Ek het ook vannaand iets gesien wat my ontstel. Toe Jennie vannaand by die huis instap, na die 2 weke vakansie, het ma haar omhels en lank vashou - ek wonder toe skielik of sy my ook so sal terug verwelkom as ek terugkom. Ek sal daarvan hou, maar ek dink nie sy sal my so baie mis soos enige van die ander kinders nie. Die rede hiervoor is dat Danie is haar "aangenome kind" en sy baby hom vreeslik en dit pla my. So as hy iets doen wat my pla, sê ek so en dan raas my ma met my. Nou, die ander kinders sê nooit iets nie en hulle is om die rede vriende met Danie en my ma raak nooit vir hulle kwaad nie. Nie oor Danie nie. (Ek dink soms ek moet net my bek hou en sy nat handoeke en vuilborde ronddra en wegpak. My oë styf toeknyp en wegkyk en met my vingers in my ore sit en niks sê. Almal dink ek is jaloers en kinderagtig, maar my ma het ons geleer om vir jouself te sorg en jou eie sokkies te soek. Nou kom die 24 jarige in die middel van 'n gesprek ingeloop en vra vir ma waar is sy sokkies - dan gan soek sy dit vir hom. Dit pla my. WHY?) So as ek weggaan, is hierdie bron van oorlog uit haar huis, wat vir haar lekker gaan wees, vir my ook. Ek dink net, ek moet uit die huis trek, maar dan kort ek permanente werk as ek terugkom van amerika, of net ander blyplek, wat te veel geld gan kos of 'n ander land.
ek weet nie.

No comments: