So , gelofte dag is op die 16de van Desember en wat doen ek toe op daardie dag? Ek ry Vanrhynsdorp toe om vir Oom Pierre te gaan begrawe, nie juis hoe my vankansie dag wou spandeer het nie, nog minder hoe ek die jaar wou afeindid :( Ek is nou klaar met 2011 en die laaste week van werk moet nou net verby kom.
Ek bid dat Mala veilig sal afry en dat al my familie net sal veilig wees die jaar. gewoonlik freak ek nie sommer uit oor Pa en Jan wat die heeltyd op die pad is nie, maar die jaar voel asof enigiets kan gebeur en ek is net super uitge'freak' en angstig en sal nie ophou wees nie.
Ma en Pa is besig om tuin te werk en dti kalmeer hulle weer, ek skryf liewer en kry dinge en bekommernisse van my bors af.
Die tyd het my gewys hoe belangrik verhoudings is, maar ek sukkel om met my familie te konnekteer, ek het feitlik niks te se nie. Ek en Ma het gister saam terug gery van vanrhynsdorp af en ma het net geluister na wat ek se en niks gese nie, het ook seker dit op myself gebring, want ek stry altyd met haar as sy haar opinie lig - kan haar dan nie blameer as sy nie met my wil praat nie. Ek moet maar wag vir Molsie. Probeer vir Lauren in die hande kry om te praat, maar sy is tjoep stil na sy gister ge-sms het en gese het sy sal bel (kriek, kriek).
(SUG) Dink ek moet maar met die hond gaan stap.
No comments:
Post a Comment