NA.MEEEEEEB.iJA
Dit voel of jy face first van duin7 afval en hele landskap hervorm tewyl jy die helfte van die duin in jou mond tot by die voet van die duin vat. Maar dis lekka. Nou jy dink seker, waarvan praat hierdie kind - as jy skapie is, sit jy nou agteroor en herleef daardie wonderlike aand toe die nameeeeebija gebore is.
Nogsteeds in die duister ???? Sorry. Die wonderlike beskrywing wat sommige mense as "wild" sal beskryf en geen begeerte sal hê om ooit te beleef nie, is inderdaad, die beskrywing van die nasmaak van die nameeeeeebija.
Ek en skapie het die aand avontuurlustig, nie lustig (duits) nie, gevoel en die barcounter genader. Met geen idee wat ons wil hê nie, vra ons die gawe meneer om vir ons 'n "shot" te maak. En wat sal jy raai, hy sê hy kannie, oftewel hy mag nie. Daar sit ons sak en as, baie bedroef. Die volgende oomblik dring 'n engele stem ons bubble van selfbejammering en vra wat ons wil hê. Weereens gooi ons die charm aan en gee die grootste glimlag ooit. Ons plaas toe die versoek en sal jy nou meer, hy sê toe hy kan. Verjeug ryg ons die verskillende dranksoorte in, wat ons in die shot soek - neem natuurlik glad nie in ag dat daar net 25ml in so 'n glasie kan gan nie.
Ons wou iets maak wat die kleure van die woestyn, met die son wat agter die golwe sak illustreer. Die rooi van die son was aftershock, dan amarula vir die woestynsand. Dan kom die groen, rooi en blou zappa - wat die son, welwitchias en die see voorstel. En dan om als af te rond kom daar cream bo-op. Maggies, ma dit klink so lekker!!!! Wel 1,2,3 toe gan die shot by die keel af en die koeël is deur die kerk. Die sneller getrek en die mossie is dood. Jy hoef nie te verstaan wat ek hier bedoel nie, weet net dat dit hakken lekker.
Skapie kon genoeg van dit kry nie en nou elke keer as ons uitgaan is dit nameeeeebija-tyd.
AAAAAAAAAAAAHHHHHHHHHHHHHHH !!!!! die vreugdes van alkohol.
1 comment:
Kyk ne..ek herleef daardie memorable aand..so tussendeur die Duitse lines en woorde...en dan daai nasmaak...mmmm...an explosion of sunsets, landscapes, colours, flavours, memories & heart!
Mêêêêê!!
Skapie ;)
Post a Comment