Wednesday, May 30, 2007

proes

Vandag voel ek soos 'n opgekoude, herkoude slaaiblaar. Dun, bewerig en nat. Ja, die hartseer feit is dat ek is besig om 'n griepie af te skud. En dan moet ek nog werk ook. Dit sou als oraait gewees het, as hier actually iets was om te doen !!!! MAAR, hier gan niks an by die werk nie. Ek sit en doen boggerol, ek kon veel eerder by die huis gewees het en lekker in die bed herstel het. Nou is ek die enigste een in die proelokaal vandag so ek kannie eens huis toe nie. DIT SUCK.!!! Ek hoop net dat teen moreaand die siekte my verlaat het, want ek wil gan kuier by skapie.

hoes, proes
arriwarri

No comments: